WELKOM

Welkom by dieHervormde Kerk Nelspruit

Ds. Natasha Smit

Ds. Gert Macdonald

Boodskap Van Die Predikant

Die gemeente het haar roeping aanvaar om God se gemeente te wees wat aanbid, omgee en werk. Deur hierdie roeping fokus ons elkeen individueel maar ook as gemeente op die verheerliking van die drie-enige God in alles wat ons doen. Ons gee om vir mekaar as broers en susters in die geloof en ons gee om vir alle mense, omdat God vir alle mense omgee. Ons dien mekaar en God se koninkryk in die wêreld met die wonderlike gawes wat die Heilige Gees aan elkeen gegee het.

Elke persoon, groot en klein, oud en jonk het ‘n plek en ‘n funksie in die gemeente en die liggaam van Jesus Christus. Ons vier die verskeidenheid wat God gee, en ons vind ons eenheid in ons geloof in God.

Dit is vir my as predikant ‘n besondere voorreg om in die gemeente te werk en lidmate en besoekers pastoraal te bedien en versorg.

Mag die lig van die evangelie in ons en deur ons skyn en mag ons dienswerk God verheerlik.

Wie is ons

Wie is ons

Die gemeente bestaan tans uit 633 lidmate wat in die groter Nelspruit (Mbombela gebied) woon en deur 2 predikante bedien word.

Ons eredienste

Ons eredienste

In die eredienste vier ons ons geloof, ons beoefen gemeenskap met mekaar en ons deel die liefde van God in Jesus Christus in sang en aanbidding.

Ons fasiliteite

Ons fasiliteite

Die gemeente se lapa word vir ‘n verskeidenheid van funksies gebruik – nie net in die gemeente nie maar ook in die gemeenskap.

EREDIENSTE
_

Het u ons erediens gemis?

Kyk al ons eredienste nou reguit vanaf ons webwerf.

Klik op die skakel aan die regter kant om ons mees onlangse erediens te kyk.

Klik op een van die skakels onder om ons sosiale bladsye te volg en nooit weer iets mis loop nie.

Klik op die knoppie om na al ons eredienste toe te gaan.