Ons Visie
Die gemeente beskryf haarself as ‘n Lewende Stroom van Jesusliefde.
Ons is deur God geroep en word deur Hom gestuur om as sy liggaam alle mense in liefde te dien.
Aanbidding geskied binne ‘n gemaklike spiritualiteit in die gemeente waar ons verhouding met God uitgeleef word.
Onderlinge omgee en sorg vir mekaar en vir God se wêreld / mense gee die geleentheid om geloof prakties uit te leef waar ons onsself ookal bevind – by die werk, die skool, die huis, op die sportveld of waar ookal.
Ons werk en dien in God se koninkryk met die gawes wat die Heilige Gees aan elke gelowige skenk. So word ons deur mekaar verryk en word iets van die volmaakte liggaam van Christus deur die gemeente sigbaar.
Missiestellings vir Bedieninge:
Bediening vir Toerusting
“Om die ruimte en geleentheid vir elke lidmaat te skep om toegerus te word sodat die gemeente kan beantwoord aan sy visie as ‘n lewende stroom van Jesus Liefde”.
Erediensbediening
Om die erediens in te rig as die ruimte waar die geloofsfamilie spiritueel kan verdiep, hul geloofsgewoontes kan uitleef en op verskillende maniere kan aanbid.
Bediening vir verhoudings en gesinne
Om mense deel te maak van die lewende stroom – een gesin op ‘n keer.
Bediening vir barmhartigheid
Om ons liefde vir die gemeente en gemeenskap te bewys deur betrokke te
wees by al die bedienings in die gemeente en sodoende die naam van Jesus
uit te dra.
Missiestellings vir Fokusgroepe:
Bejaardebediening
Om God te eer deur praktiese, emosionele en geestelike ondersteuning en dienste aan ons bejaarde lidmate en aan die gemeenskap, te bied en om geestelike verlore bejaardes te bereik.
Jeugbediening
Om die jeug te bedien deur ‘n veilige ruimte te skep, waar die jeug hul spiritualiteit kan ontdek, hul verhouding met God te versterk en die geleentheid het om deel te wees van die gemeenskap van gelowiges.
Vrouebediening
Om ons vrouelidmate in ‘n hegte eenheid saam te bind deur Geestelik te groei, saam te werk en saam pret te hê sodat dit in liefde kan uitvloei na die gemeenskap.
Infrastruktuur
Om deur gereelde onderhoud en voorkomende onderhoud die geboue op die kerkterrein in stand te hou
Nelspruit gemeente werk in vier Bedieninge nl:
AANBIDDING
Alle elemente van aanbidding word deur hierdie bediening behartig soos erediensbeplanning, sang, spesiale eredienste, sakramentsbediening, gebedsbediening, inrig van die liturgiese ruimte en die kerkgebou.
TOERUSTING
Geestelike toerusting van belydende- en dooplidmate geniet hoë prioriteit. Kursusse vir huweliksverryking word aangebied.
Bybelstudie- en Omgeegroepe hanteer kwartaalliks studiemateriaal wat beskikbaargestel word.
Onderrig van dooplidmate vind Sondae tydens kategese plaas na afloop van die erediens.
ADMINISTRASIE / ONDERSTEUNINGSDIENSTE
Lidmaat- en finansiële adminstrasie word deur die Sekretariële en Finansiële beamptes hanteer.
Onderhoud van eiendomme, geboue en tuine word soos nodig gekoördineer.
UITREIK
Die gemeente is tans betrokke by die Nelspruit Gemeenskapsforum en die Katoen nedersetting. Daar word ook ad hoc hulp verleen aan behuisingsfasiliteite vir bejaardes so ver as Waterval Boven.