WIE IS ONS
_

Wie is Ons

Geskiedenis van die gemeente

Die gemeente is op 13 Mei 1944 onder leiding van die destydse Ringskommissie gestig.

Die gemeente bestaan tans uit 633 lidmate wat in die groter Nelspruit (Mbombela gebied) woon en deur 2 predikante bedien word. Daar is 466 besoekpunte. (Besoekpunt is ‘n adres waar ‘n lidmaat woon.)

Die bediening in die gemeente geskied in 4 groepe – senior lidmate bo die ouderdom van 65, volwassenes waar daar nie meer kinders in die huis is nie, gesinne met kinders in die huis asook werkende jongmense of enkel lopendes sonder kinders. Alhoewel ons in 4 kategorieë verdeel is t.w.v. kommunikasie, poog ons om almal te omarm as eenheid in die Stroom van Jesus-Liefde.

ONS VISIE
_

Ons Visie

Die gemeente beskryf haarself as  ‘n Lewende Stroom van Jesusliefde.

Ons is deur God geroep en word deur Hom gestuur om as sy liggaam alle mense in liefde te dien.

Aanbidding geskied binne ‘n gemaklike spiritualiteit in die gemeente waar ons verhouding met God uitgeleef word.

Onderlinge omgee en sorg vir mekaar en vir God se wêreld / mense gee die geleentheid om geloof prakties uit te leef waar ons onsself ookal bevind – by die werk, die skool, die huis, op die sportveld of waar ookal.

Ons werk en dien in God se koninkryk met die gawes wat die Heilige Gees aan elke gelowige skenk. So word ons deur mekaar verryk en word iets van die volmaakte liggaam van Christus  deur die gemeente sigbaar.

WIE IS ONS
_

Missiestellings vir Bedieninge:

  1. Bediening vir Toerusting

“Om die ruimte en geleentheid vir elke lidmaat te skep om toegerus te word sodat die gemeente kan beantwoord aan sy visie as ‘n lewende stroom van Jesus Liefde”.

  1. Erediensbediening

Om die erediens in te rig as die ruimte waar die geloofsfamilie spiritueel kan verdiep, hul geloofsgewoontes kan uitleef en op verskillende maniere kan aanbid. 

  1. Bediening vir verhoudings en gesinne

Om mense deel te maak van die lewende stroom – een gesin op ‘n keer.

  1. Bediening vir barmhartigheid

 Om ons liefde vir die gemeente en gemeenskap te bewys deur betrokke te wees by al die bedienings in die gemeente en sodoende die naam van Jesus uit te dra.