Fasiliteite
_

Ons Fasiliteite

Die gemeente se lapa word vir ‘n verskeidenheid van funksies gebruik – nie net in die gemeente nie maar ook in die gemeenskap.

Die gemeente se muur van herinnering bied aan lidmate die geleentheid om ‘n plekkie van herinnering aan geliefdes in veilige omstandighede te kan besoek.

Die gemeente se kapel word benut vir aanderedienste, kleiner troues en klein begrafnisdienste.

LAPA
_

Die Lapa

Baie dankie dat u die Nederduitsch Hervormde Gemeente Nelspruit se lapa oorweeg vir u funksie / bymekaarkom plek.

Belangrike inligting om te onthou:

  • Indien die Lapa vir ‘n aand-funksie gebruik word, moet die musiek om 22:00 sagter gestel word en om 23:00 heeltemal afskakel.
  • Die luidsprekers moet so geplaas word dat die musiek na die regterkant toe speel (weg van die huise in die omgewing).
  • Alle drankbottels en vullis in die vullisdromme weg te gooi  aangesien ons elke Sondag-oggend kleuterkerk by. die lapa hou.
  • Geen voertuie word in die lapa of op die grasperke toegelaat nie.
  • Geen spykers, skroewe, prestic of ander voorwerpe mag sonder skriftelike toestemming in die mure of houtpale in geslaan word nie.
  • Volle verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vir enige gehuurde items en die gebou te aanvaar.  Sou enigiets foutief wees na afloop van die funksie, sal koste verhaal word van die deposito en indien dit meer beloop, sal u aanspreeklik gehou word vir die koste verbonde aan vervanging of herstelwerk.
  • Die gebou en terrein moet opgeruim en skoongemaak word voor u dit verlaat.  Geen toegang in die kombuis se stoorkamer en geen kaste wat gesluit is mag oop forseer word nie.
  • Sleutels moet asseblief by die kerkkantoor ingehandig word, nie later as 9:00 die eerste werksdag na die funksie of soos met u gereël.
  • Toiletpapier, handdoeke, seep, vadoeke, opwasseep en ander reinigers moet deur uself voorsien word.

FOOIE & KANSELASIE-KOSTES:

‘n Terugbetaalbare deposito van R500-00 is betaalbaar.  Indien die deposito nie binne een week na bespreking ontvang is nie, sal die bespreking verval.

Voldag Lapa verhuring oor naweke en vakansies:

R500-00                    Terugbetaalbare deposito                          

Op aanvraag              Huur van die Lapa

Op aanvraag              Huur van die kombuis

Op aanvraag              Huur van braai area

Op aanvraag              Huur van die kroeg

Op aanvraag              Kostes vir breekware en toerusting

Maandelikse huur ooreenkomste – minimum 6 maande ooreenkomste:

Op aanvraag             per maand vir 1 spesifieke oggend (bv Maandag-oggende) per week van 8:00 – 13:00

Op aanvraag             per maand vir 1 spesifieke aand (bv Maandag-aande) per week van 18:00 – 22:00

KERK
_

Binne die Kerk

KERK
_

Buite die Kerk