EREDIENSTE
_

Ons Eredienste

In die eredienste vier ons ons geloof, ons beoefen gemeenskap met mekaar en ons deel die liefde van God in Jesus Christus in sang en aanbidding.

Die erediens word ingerig met al die liturgiese elemente van ‘n reformatoriese erediens. Liedere word gesing uit die Liedboek van die Kerk en die VONKK- en FLAM- liederebundels. Die gemeente se Kantory help met die aanleer van nuwe liedere.

Lidmate van die gemeente is betrokke by die plaaslike Soli Deo Gloria-Lofdansgroep en hulle tree deur die jaar by eredienste op.

Elke tweede Sondag van die maand word die Oggenddiens as ‘n Jeugdiens ingerig en daar is ook eenmaal per maand ‘n Jeugdiens in die kerk se lapa gelyklopend met die gemeente se Oggenddiens om 08h30.

Kategese-onderrig vind Sondagoggende plaas na afloop van die erediens.

Aanddiens om 18h00 – Wanneer daar aanddiens aangebied word vind dit gewoonlik in die gemeente se Kapel plaas. Die karakter van die aanddiens wissel tussen Wandel in die Woord, besprekings- en tema-dienste en Adoramus-dienste.

EREDIENSTE
_

Luister Eredienste

In die eredienste vier ons ons geloof, ons beoefen gemeenskap met mekaar en ons deel die liefde van God in Jesus Christus in sang en aanbidding.